Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

Zoetendal Akademie / Academy

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

'n Dankie uit die diepte van Zoetendal se hart.
image left

Jurie Els het in een van sy liedjies die vraag gevra: Hoe sê 'n mens dankie? Inderdaad! Hoe sê ons dankie vir die NSRI se selflose, groothartige ondersteuning van ons pragtige skool?

Zoetendal Akademie het na 'n uiters suksesvolle Kleuresport Driekampdag, ook oor hierdie vraag nagedink. Om aan die manne van die NSRI te bewys hoe dankbaar ons was dat hulle ons veilig gehou het in en om die water, was 'n uitdaging - maar vir die Zoeties, is geen taak onmoontlik nie.

Dis tóé dat ons besluit het om op Valentynsdag 2022, 'n muntlegging te hou waar elke leerder die geleentheid kon kry om 'n munt of 'n noot van dankbaarheid in die NSRI-hart te pak. 

Die Nasionale See Reddings Instituut is 'n vrywilliger reddingsorganisasie wat 24/7 aan diens is. Hul missie is om lewens te red in Suid-Afrikaanse waters. Hulle is egter meer as 'n reddingsorganisasie - hulle lei ook gemeenskappe op en streef daarna om deur innovering, voortdurend aan te pas en  waterveiligheidsinisiatiewe uit te brei deur bemagtiging en sigbaarheid. Die NSRI het so ook ons skoolgemeenskap ondersteun.

'n Klein gebaar van dank vir onbaatsugtige opoffering vir die veiligheid van ons kinders op hierdie dag van liefde.

Elanah S. Engelbrecht

Dankie NSRI (Nasionale See Reddings Instituut)

Zoetendal Akademie / Academy

Zoetendal Akademie / Academy is a dual-medium, primary school in L’Agulhas. The non-profit organization aims to create a safe, happy and stable environment for learners between the ages of 4 and 13 years of age. At Zoetendal Akademie / Academy, education is coupled with art, culture, sport and e...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Agulhas!
Read More

Recent Posts

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand

Die atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand.

Zoetendal Academy Presents 'Creative Connections' Exhibition

Zoetendal Academy Presents 'Creative Connecti...

Zoetendal Academy, our local school, is set to inspire the community with their upcoming art exhibition titled "Creative Connections".

Zoetendal Akademie Stel 'Kreatiewe Verbindings' Uitstalling Bekend

Zoetendal Akademie Stel 'Kreatiewe Verbinding...

Zoetendal Akademie, 'n bekende plaaslike skool, is gereed om die gemeenskap te betower met hul kunsuitstalling getiteld "Kreatiewe Verbindings".

Leila Donald: Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskap Span

Leila Donald: Suid-Afrikaanse Skopbokskampioe...

Leila Donald, 'n graad 7-leerling van Zoetendal Akademie in Agulhas, is vir die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskap se 2023-span gekies.

22 October 2022: Angling Skins

22 October 2022: Angling Skins

Zoetendal Academy presents Angling Skins on Saturday, 22 October 2022.

Overberg Eisteddfod in Hermanus

Overberg Eisteddfod in Hermanus

Hierdie vier Graad 3 leerders het Saterdag die 11de Junie aan die Overberg Eisteddfod in Hermanus deelgeneem.