Suksesvolle Zoetendal Akademie Proe-Aand
Die atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand.
Op Woensdag, 25 Mei was die opwinding tasbaar by die NG kerksaal Agulhas. Zoetendal Akademie kon, vir die eerste keer sedert 2019, hulle jaarlikse redenaarskompetisie vir die skole in die omgewing aanbied.
Met 38 deelnemers van agt verskillende skole - onder meer South Gate Academy; Rûens Kollege; Laerskool Bredasdorp; Laerskool Buffeljagsrivier; Laerskool Koo; Laerskool Montagu en Struisbaai Primêr, was hierdie 'n resep vir sukses. Elke Gr. 5-7 deelnemer het beslis hul stempel op een en elk in die gehoor en veral die beoordelaars gelaat. Mnr. Rudi de Waal, Mnr. Eugene Parsons en Mev. An-johlene Snyders het beslis nie 'n maklike taak onder hande gehad nie, maar het die bul by die horings gepak en die uitslae van die dag was uitstekend. Hoewel dit soms nek aan nek en so hittete was, het Mev. Shereen Visser en Mev. Elmarie Harris goed kop gehou met die tellings op elkeen se staat om ten einde die prestasie van die leerders aan te teken.

Laaste, maar beslis nie die minste nie - verdien elke liewe deelnemer se selfvertroue, deursettingsvermoë en dapperheid 'n luide applous. Die trots het in die oë van al die ouers, koördineerders en onderwysers geskitter - van hulle, ek moet bieg ek self, het selfs 'n traantjie gepink. Dít is natuurlik in die oomblikke wat die deelnemers ons as gehoor, nie laat skaterlag of ons iets gegee het om oor verder te dink op pad huis toe nie!
Zoetendal Akademie / Academy is a dual-medium, primary school in L’Agulhas. The non-profit organization aims to create a safe, happy and stable environment for learners between the ages of 4 and 13 years of age. At Zoetendal Akademie / Academy, education is coupled with art, culture, sport and e...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie atmosfeer was elektries en die reuke was verleidelik tydens die onlangse Zoetendal Akademie Proe-Aand.
Zoetendal Academy, our local school, is set to inspire the community with their upcoming art exhibition titled "Creative Connections".
Zoetendal Akademie, 'n bekende plaaslike skool, is gereed om die gemeenskap te betower met hul kunsuitstalling getiteld "Kreatiewe Verbindings".
Leila Donald, 'n graad 7-leerling van Zoetendal Akademie in Agulhas, is vir die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskap se 2023-span gekies.
Zoetendal Academy presents Angling Skins on Saturday, 22 October 2022.
Hierdie vier Graad 3 leerders het Saterdag die 11de Junie aan die Overberg Eisteddfod in Hermanus deelgeneem.