Wie was die Strandlopers van ouds?

Wie was die Strandlopers van ouds?

Suidernuus / Southern Post

Wie was die Strandlopers van ouds?

In Dr Janette Deacon se “Khoekhoegowab Dictionary and KhoeSan related terminilogy”, verskyn die volgende inligting oor die term “Strandlopers”.

Volgens hierdie bron verwys die groepsnaam “Strandlopers” na 'n groep van hoogstens 50 mense wat op die strand rondom Tafelbaai sou gewoon het ten tye van die stigting van die HOIK se verversingspos in 1652. Volgens die bron sou Van Riebeeck na hierdie mense verwys het as “Strandlopers” omdat hulle geleef het van dit wat hulle aan die kus gevind het of bymekaar kon maak.

Die moontlikheid word ook genoem dat die Strandlopers verteenwoordigers van beide die San en die Khoekoe ingesluit het wat hulle onderskeie stamme verlaat het en later as tussengangers opgetree het wanneer die koloniste vee wou ruil. Die skulphope of middens wat deur hulle agtergelaat is het later lig gewerp op hulle leef-en eetgewoontes.

Een van die bekendste “Strandlopers” van weleer was volgens oorlewering Harry die Strandloper wie se oorspronklike naam Autshmato was. Die geskiedskrywer Dan Sleigh maak in sy geskrifte ook melding van Harry die Strandloper wat kon kommunikeer in Engels sowel as Nederlands.

Image 1
Image 2

Ora Laubscher

Wie was die Strandlopers van ouds?

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles