Blog

Diefstal Deur Prokureur

Diefstal Deur Prokureur

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Diefstal Deur Prokureur

In ‘n onlangse saak in die Hooggeregshof, Agu v Krige and others (20763/2017) [2019] ZAWCHC 46, het die Verkoper van ‘n eiendom sy transportbesorger aangestel om die transport te registreer. Die Koper het die volle koopsom in die Verkoper se transportbesorger se trustrekening inbetaal. Dit het egter aan die lig gekom dat die transportbesorger die Koper se deposito (koopprys) gesteel het en daarom het die Koper die Hof genader vir ‘n bevel dat die Verkoper transport van die eiendom aan die Koper gee. Die Hof het beveel dat die Verkoper, in hierdie saak, transport moet gee en het genoem dat:

  • Elke saak, hang af van die bewoording van die spesifieke koopbrief;
  • Die transportbesorger in hierdie saak as agent vir die Verkoper en die Koper opgetree het;
  • Die Koper in terme van die koopbrief opgetree het deur die deposito (koopprys) aan die Verkoper se transportbesorger oor te betaal;
  • Die koopbrief duidelik uiteensit hoe betaling moet geskied en daarom het die Koper, met betaling, sy verpligtinge kragtens die koopbrief, nagekom.

Die Verkoper het dus sy eiendom en die koopsom verloor.

Die uiters belangrike punt vir Verkopers om te onthou is: Stel ‘n betroubare en bevoegde transportbesorger aan om jou eiendom se oordrag te registreer. Maak seker dat die prokureur wie jy aanstel, wel ‘n gekwalifiseerde transportbesorger is. Moenie dat die koper en/of die eiendomsagent jou oorreed om ‘n ander transportbesorger aan te stel nie – dit is jou eiendom en jou besluit. Jy moet jou belange beskerm.

Vra jou transportbesorger (prokureur) vir raad voor jy enige dokument teken!

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).

Diefstal Deur Prokureur

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles