Kaapse Quaggas van ouds het in Europese dieretuine en museums beland

Kaapse Quaggas van ouds het in Europese dieretuine en museums beland

Suidernuus / Southern Post

image left

Kaapse Quaggas van ouds het in Europese dieretuine en museums beland

Daar word vertel dat daar eens op 'n tyd groot troppe wildediere oor die lengte en breedte van die Kaapprovinsie van ouds rondbeweeg het. Nadat koloniste hulle verskyning begin maak het

en met hulle saam groot troppe vee wat weiding nodig gehad het, is die wilde diere wat eintlik eerste aanspraak op die veld gehad het, stelselmatig afgemaai.

Bontebokke het op 'n haar na oorleef, maar van die Quaggas en die bloubokke van ouds, het niks op eie bodem oorgebly nie.

Snaaks genoeg het die laaste verteenwoordigers van hierdie besondere inheemse diersoorte, nie op hulle tuiskontinent aan hulle einde gekom nie, maar in gevangenisskap in dieretuine in Engeland en in Europa. Velle en opgestopte voorbeelde van hierdie diere, kan tot vandag toe besigtig word in museums in Europa en Engeland.

 
Daar is niks nuuts onder die son nie

Die plundering van Afrika se inheemse fauna en flora is geen nuwe verskynsel nie. Skeepsvragte vol diere en plantemateriaal is in die loop van die 17de en 18de eeu in opdrag van Europese koningshuise na onder meer Frankryk, Oostenryk en ook Engeland verskeep. Die bekende Franse ontdekkingsreisiger en entrepreneur, Nicolas Baudin, het in sy leeftyd groot hoeveelhede diere, seediere, voëls en plante in Afrika, Australië en in die Amerikas versamel en verskeep na Europese bestemmings.

Wat plantmateriaal betref is baie plante, wat op Afrika bodem uitgesterf het, te danke aan botaniste van ouds, vir die nageslag bewaar.

Van die diere en voëls wat wel die lang seereis oorleef het, kon nie baie lank oorleef in Europa nie. Te danke aan wetenskaplikes wat velle en skelette bewaar het en in museums uitgestal het, kon 20ste en 21ste eeuse wetenskaplikes met die hulp van moderne tegnologie uiteindelik wel daarin slaag om die DNA van hierdie uitgestorwe diersoorte te bestudeer.

 
Uitgestorwe diersoorte hervestig in die Overberg

Daar is etlike jare gelede begin met die hervestiging van diersoorte wat eens op 'n tyd, in wat bekend staan as die Nuwejaars Wetlands SMA (Special Management Area), in die Overberg voorgekom het, hier te hervestig. Van hierdie diersoorte wat reeds hier besigtig kan word is buffels, seekoeie en sedert daar begin is met 'n spesiale teelprogram om die Quagga van ouds weer te laat “herleef”, is daar nou ook troppies Rau Quaggas in die veld.

Hierdie diere begin volgens kundiges wat van tyd tot tyd hier besoek aflê, al meer en meer lyk soos die Quaggas van weleer wat mense soos Lady Anne Barnard beskryf het en wat in vorige eeue as “eksotiese diere” na Europa en Engeland verskeep is.

Ora Laubscher

Kaapse Quaggas van ouds het in Europese dieretuine en museums beland

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles