Mediese dienste op Elim van 1863 - 2021

Mediese dienste op Elim van 1863 - 2021

Suidernuus / Southern Post

Mediese dienste op Elim van 1863 - 2021

Elim is in die vroeë 19de eeu as 'n sendingstasie van die Morawiese Broederkerk gevestig nadat die genootskap die plaas Struisvogelkraal vir hierdie doel in 1825 aangekoop het. Een van die Duitse sendelinge, ene dr J. Lehman, was volgens inligting vervat in 'n verhandeling oor die geskiedenis van die sendingstasie, 'n homeopaat. Dr Lehman het volgens inligting vervat in hierdie verhandeling sedert 1863 in hierdie hoedanigheid gepraktiseer totdat hy in 1881 weer na Duitsland teruggekeer het. Dokters wat op die Morawiese sendingstasie by Genadendal gestasioneer was, het klaarblyklik ook later met gereelde tussenposes na Elim gereis om 'n mediese diens te lewer.

In die 1950's bekom die komitee van die Elim Verplegingsdiens die dienste van 'n distriksuster wat 'n mediese diens aan die gemeenskap lewer totdat die Bredasdorpse Distriksraad in Maart 1974 die diens oorneem. Van 1 Maart 1974 af het 'n Distriksuster en 'n Distriksgeneesheer van Napier, wat twee maal per week die sendingstasie besoek het, 'n mediese diens aan die gemeenskap gelewer. Hierdie diens is later oorgeneem deur die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid. 

 
Van gedeelde kliniek ruimte tot volwaardige kliniek kompleks

Die eerste “kliniekgebou” op Elim was die “kliniek” wat deel uitgemaak het van die gebou wat ook as poskantoor diens gedoen het. 'n Aparte geboutjie wat as kliniek gebruik is, is later langs hierdie gebou opgerig. Dit is hierdie gebou wat uiteindelik plek gemaak het vir die nuwe kliniekgebou wat op 21 Oktober amptelik geopen is deur die Minister van Gesondheid van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid.

 
Nuwe era ingelui vir Elim se sendingstasie van weleer

Verskeie plaaslike rolspelers het toegekyk toe die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, dr Nomafrench Mbombo, na afloop van die formaliteite die blou lint voor die deur, wat toegang verleen tot die nuwe kliniekgebou, knip. Onder hulle was Suster Naomi October, Operasionele bestuurder van die Elim kliniek , Me Gwendoline van der Westhuizen. Primêre Gesondheidsorg Bestuurder van Swellendam en Kaap Agulhas, Me Wilhelmina Kamfer, Mediese dienste Overberg Distrik, dr Jaques du Toit, Mediese bestuurder, Kaap Agulhas en Swellendam subdistrikte, Eerwaarde Gert Temmers van die Elim Morawiese Broederkerk, KAM Uitvoerende Onder-burgemeester Zukiswa Tonisi en Evelyn Sauls, Wyksraadslid.

Image 1
The very first building in Elim where the Elim post office and the Elim health facility shared the space. 
Image 2
As far as outward appearance and style is concerned, the new building matches the style of other buildings erected here in the course of many years. The services rendered at the new facility is advertised on the neat notice board on the wall.
Image 3
On Thursday, October 21, the new health facility or clinic in the mission town of Elim, was officially declared “open” by Western Cape Minister of Health, dr Nomafrench Mbombo. Local and out-of-town role-players watched as dr Mbombo cut a ceremonial blue ribbon. 
Ora Laubscher
Mediese dienste op Elim van 1863 - 2021

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles