Heuningberg op saam met die Eco Rangers

Heuningberg op saam met die Eco Rangers

Suidernuus / Southern Post

Heuningberg op saam met die Eco Rangers

‘Gaan op jou knieë om iets moois te sien’ - Heuningberg op saam met die Eco Rangers

Toe ek die handjievol Eco Rangers gaan soek, moes ek deur die langgras roep om te hoor of ek op die regte groep se spoor loop. Dit was steeds skemerlig, maar hulle was reeds besig om blikke en bottels in die veld op te tel rondom die ingang van die Heuningbergreservaat, onder leiding van Ian Fortuin, hul mentor en stigter van die groep.

Tussen die vuilgoedoptellery deur het Fortuin afgebuk en op die grond oorblyfsels van ’n grondprotea uitgewys en vertel dat dié blom deur muise bestuif word.

“’n Mens moet bereid wees om op jou knieë te gaan as jy iets moois wil sien. As jy jou oë net op ’n hoë plek hou, sien jy niks,” het hy lakonies gesê.

Dit het my nogal herinner aan die storie van die Yeshiva-seun wat by die rabbi gekom en gevra het: “Rabbi, in die ou dae het mense gesê hulle het die gesig van God gesien. Waarom sê niemand dit meer nie?” Waarop die rabbi geantwoord het: “Want niemand wil meer so laag af buk nie.”

 
Napier stap saam

’n Stuk of vyftien kinders van Bredasdorp, Elim en Napier het die tog Heuningberg op verlede Saterdag, 19 Februarie, meegemaak. Die kinders van Napier het maar eers onlangs aangesluit by die Eco Rangers. Dit was hul tweede uitstappie saam met die groep.

Die Eco Rangersprogram is daarop gemik om kinders bloot te stel aan die natuur en hulle in te lig oor temas wat wissel van dorpsbeplanning, die funksie van vuurtorings en wer k ing van seestrome, terwyl hulle plante, voëls en ander dierlewe in die natuur kan bekyk.

 
Fokus op water

Hierdie kwartaal is die fokus op water - verskaffing en - verbruik - ’n belangrike onderwerp gegewe die waterskaarste van die streek en die land. Fortuin het ook gehoop om op ’n koningsprotea in blom af te kom om vir die kinders te wys en dié hoop het nie beskaam nie.

Die kinders se ouderdomme wissel tussen 7 tot 13. Hulle is vergesel deur Suzette Nel en Nadir Roos, twee aardrykskundeonderwysers verbonde aan die Albert Myburgh Senior Sekondêre Skool, en ’n groep jong natuurgidse van die omgewing wat ook op vrywillige basis deelneem aan die program.

Die staptog die berg uit, wat sleepvoet afgeskop het vir party kinders, het gou vleuels gekry en die kinders het twee ure later veel vroliker die berg afgekom. Die son het toe net geniepsig begin steek.

Vanaf Bredasdorp is die Eco Rangers vort na die vuurtoring op Agulhas. Ek het nie die tweede been van die rit meegemaak nie, maar het vir die res van die dag plesier gehad aan die ligkop wat gespruit het uit blootstelling aan ’n oorvloed suurstof en die natuurprag op die berg.

 
Mathabo le Roux
Heuningberg op saam met die Eco Rangers

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles