Bredasdorp Tieners Ruim Begraafplaas Op

Bredasdorp Tieners Ruim Begraafplaas Op

Suidernuus / Southern Post

Bredasdorp Tieners Ruim Begraafplaas Op

‘Respek vir dié wat eens deel was van ons gemeenskap’
image left

Met ’n swartsak in die hand wil ’n groep skoliere van Hoërskool Bredasdorp ’n verskil in hul gemeenskap maak, “al is dit ’n klein een”. Só sê Amanda Gouws, ’n graad 11-skolier en die voorsitter van dié skool se ATKV Byekorfspan.

Amanda het die opruimprojek voorgestel nadat sy tyd by haar oupa se graf deurgebring het en die gebrek aan vullisdromme by die Bredasdorp begraafplaas opgemerk het. Op 17 Februarie het sy en haar spanmaats – Marke Adams, Cassidy Dyers, Riley Dowrie, Carla Mitchell en Palesa Namise – daad by die woord gevoeg.

“Ons het een middag ná skool met handskoene en ’n paar swartsakke afgery en net gaan vullis optel,” het Amanda aan Suidernuus vertel. Die Byekorfspan het aanvanklik ontstaan as ’n geleentheid vir skoliere om meer betrokke te wees by hul gemeenskap.

Om gemeenskapswerk met akademiese verpligtinge te balanseer kan egter uitdagend wees, volgens Amanda, omdat al die spanlede se skedules in ag geneem moet word. Daarom vergader die span weekliks en beoog hulle om die opruimprojek voort te sit deur kwartaalliks by die begraafplaas rommel op te tel.

“Ons wil met hierdie projek meer respek toon aan die mense wat eens deel was van ons gemeenskap,” verduidelik Amanda. Hiermee help hulle om die begraafplaas netjies te hou, aangesien nie alle families naby genoeg bly om die grafte te kom versorg nie.

Die opruimprojek is net een van vele inisiatiewe waarby die Byekorfspan betrokke is. “Ons het ook ’n skooltuinprojek waar ons vetplantjies plant, en ons reël verskeie funksies en ander kulturele projekte,” vertel Amanda.

 
Anri Matthee
Bredasdorp Tieners Ruim Begraafplaas Op

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles