Blog

Wat om te doen wanneer ‘n naasbestaande sterf

Wat om te doen wanneer ‘n naasbestaande sterf

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Wat om te doen wanneer ‘n naasbestaande sterf

1. Indien die persoon aan natuurlike oorsake en nie in ‘n hospitaal gesterf het nie, bel u dokter. Indien die persoon aan onnatuurlike oorsake gesterf het, moet u die polisie ook bel.

2. Kontak Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Prokureurs, Bredasdorp waar u Testament veilig bewaar word VOOR u enige instansie kontak en stel hulle in kennis van die afsterwe. Marguerite Badenhorst (die boedelberedderaar en prokureur) sal u in kennis stel wat om volgende te doen.

3. Vind uit of daar enige spesifieke instruksies in die Testament staan ten opsigte van begrafnis-, verassings- en roudiens reelings en die skenking van organe.

4. Kontak u predikant en begrafnisondernemer om die nodige reëlings vir die verassing en/of begrafnis te tref.

5. Stel die oorledene se werkgewer in kennis van sy/haar afsterwe.

6. Maak alle dokumentasie van die oorledene bymekaar en maak ‘n afspraak by Marguerite van LBF Prokureurs vir die aanmeld van die boedel. ‘n Lys van watter dokumentasie benodig word, is by Marguerite@lbflaw.co.za beskikbaar.

7. Van onmiddellike belang is: u kontant behoeftes en die betaling van u maandelikse uitgawes, hetsy by wyse van debietorders en/of elektroniese oorplasings. Bespreek dit met Marguerite.

8. Dit is belangrik dat u nie oorhaastige besluite neem nie, veral nie ten opsigte van die verkoop van bates en of herbelê van u erfgelde nie.

9. Stel so spoedig moontlik vir u ‘n nuwe Testament op en indien nodig, ‘n Lewende Testament. Marguerite sal u hiermee help.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).

Wat om te doen wanneer ‘n naasbestaande sterf

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles