SA se diversiteit en diverse en gesamentlike erfenis gevier op Napier

SA se diversiteit en diverse en gesamentlike erfenis gevier op Napier

Suidernuus / Southern Post

Suid-Afrika se diversiteit en diverse en gesamentlike erfenis gevier op Napier

Ons is en lyk nie almal dieselfde nie, maar ons is almal deel van 'n diverse Suid-Afrikaanse gemeenskap en elkeen is spesiaal en besonders.

Carmen Rene Pedro Jagers was die gasspreker by die Erfenisdag geleentheid wat op die vooraand van Erfenisdag deur die Elpidaspan gefasiliteer is en in samewerking met die personeel van Protea Primêr op Napier aangebied is. Die span het sommer ook die senior burger groep wat tweeweekliks by die Elpida sentrum bymekaarkom aan boord geneem sodat oud en jonk saam die spesiale geleentheid kon geniet.

Die grondslagfase leerders en die intermediêre fase leerders van graad 4 tot graad 7 is apart hanteer.

Daar is besluit om leerders, wat die uitdaging wou en kon aanvaar, uit te nooi om “aan te trek” in die tradisionele drag van een van die vele gemeenskappe wat hulleself aan die Suidpunt van Afrika in Suid-Afrika bevind. Opvoeders en senior burgers en les bes die Elpida spanlede kon ook in spesiale drag aanmeld by die vieringe. Senior burgers het dan ook die voorreg geniet om uiteindelik aan 'n leerdertjie van hulle keuse 'n geskenkie te oorhandig.

 
Afrika ritmes laat die voete wikkel en dans

Dit was aan die einde van die dag 'n vrolike geleentheid waar daar weereens ervaar is dat wanneer musiek met 'n Afrika ritme gespeel word, voete heen en weer beweeg op die maat van die aansteeklike musiek en dat baie van daardie voete ook sommer spontaan begin rondbeweeg het. Die kernboodskap wat jaarliks Erfenisdag kenmerk het egter die botoon gevoer met beide die Suid-Afrikaanse vlag en die vlag van Protea Primêr - wat albei 'n kosbare en besondere erfenis versinnebeeld - wat saam sy aan sy vertoon is.

Ora Laubscher

SA se diversiteit en diverse en gesamentlike erfenis gevier op Napier

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles