Oktobermaand - die mooiste maand en die maand van baie inisiatiewe

Oktobermaand - die mooiste maand en die maand van baie inisiatiewe

Suidernuus / Southern Post

Oktobermaand - die mooiste maand en die maand van baie inisiatiewe

Afgesien van die digter Louis Leipoldt se almombekende Afrikaanse lentegedig wat handel oor Oktobermaand as “die mooiste mooiste maand”, is daar ook verskeie belangrike en verdienstelike inisiatiewe wat aandag geniet en gedryf word gedurende hierdie maand. Sommige van hulle is meer bekend as ander, maar elkeen is in eie reg belangrik. Heel voor in die ry staan “World Habitat Day” wat jaarliks op 4 Oktober gevier word. Hierdie jaar is die dag onder die vaandel van die 2021 veldtog tema van stapel gestuur wat “skoon stede” voorstaan. Volgens die woordvoerder van die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings wat wèl die dag gevier het, bied Wêreld Habitatdag ons die geleentheid om na te dink oor wat alles al gedoen is en steeds gedoen word om lewensbelangrike funksionele huisvesting/ onderdak aan inwoners van die streek te verskaf. Borskankermaand en Nasionale Vervoermaand Een van die bekendste internasionale en nasionale gesondheids ini s iatie w e w at gedurende Oktobermaand gedryf word, is ongetwyfeld Borskanker maand - 'n inisiatief wat jaarliks met pienk strikkies gevier en gedenk word.

Nasionale Vervoermaand (Transport Month) is vir die eerste keer in 2005 gedenk as maand waarin daar gefokus moet word op positiewe ontwikkelings op hierdie baie belangrike en lewensnoodsaaklike terrein. In die gees van Transport/Vervoermaand, het die Premier van die Wes-Kaap in samewerking met die provinsiale ministers van Vervoer en Gesondheid 'n inisiatief wat bekend staan as die Atlantis Red Dot Taxi Service op Maandag, 4 Oktober geloods. Dit is 'n gratis vervoer inisiatief wat inwoners van die streek behulpsaam gaan wees om by inentingsfasiliteite in die omgewing uit te kom. Die Red Dot Taxi Service bestaan uit 'n vloot van 135 minibus taxis wat reeds duisende inwoners van die Wes-Kaap asook gesondheidswerkers na en van inentingspersele vervoer het. Die diens word ook ingespan om persone wat moet isoleer of wat in kwarantyn geplaas word na en van fasiliteite te vervoer. Laaste, maar beslis nie die minste nie Oktobermaand is verder - laaste, maar beslis nie die minste nie - ook die maand waarin Anti-Boelie Weekvan 15 tot 19 Oktober gedenk word onder die hutsmerk #BlueUp met “blou” as die kleur van keuse indien jy 'n strikkie wil dra. Hierdie jaar se spesiale tema is “One Kind Word”, 'n kort en kragtige sinnetjie wat op sigself boekdele spreek. Skole nooi gewoonlik in die loop van hierdie week sprekers of groepe om met leerders en/of ouers te kom gesels oor hierdie netelige sakie wat dikwels in skoolverband die oorsaak van groot probleme en hartseer is.

Image 1
Image 2

Ora Laubscher

Oktobermaand - die mooiste maand en die maand van baie inisiatiewe

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles