Blog

Wysigings in arbeidswetgewing waarvan werkgewers moet kennis neem

Wysigings in arbeidswetgewing waarvan werkgewers moet kennis neem

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Wysigings in arbeidswetgewing waarvan werkgewers moet kennis neem

Die Nasionale minimumloon is onlangs aangepas en het op 1 Maart inwerking getree.

In terme van die nuutste bepalings is die minimum loon van werknemers opwaarts aangepas tot R23,19 per uur.  Tot voor die aanpassing was die minimum loon R21,69 per uur.

Hierdie loonvasstelling is van toepassing op alle werknemers in Suid Afrika behalwe sodanige werknemers in sektore waar daar  ander loonvasstellings is. Dit is ook die eerste keer dat huiswerkers (ingeslote tuinwerkers) op dieselfde salarisskaal as ander werknemers geplaas is.

Die wysiging behels dat werknemers, onder normale omstandighede, sowat R4,518.57 per maand sal verdien. Die voormelde salaris is van toepassing op werknemers wie ‘n normale werksweek van 45 ure het. Die vergoedingskaal sal pro rata aangepas word vir daardie werknemers wie slegs enkele dae per week werksaam is of minder ure as die toegelate 45 uur per week werk.

In ander verwikkelinge is daar onlangs aangekondig dat alle huiswerkers (ingeslote tuinwerkers) ook geregistreer moet word vir doeleindes van eise teen die Vergoedingskommissaris voortspruitend uit werksbeserings wat opgedoen is deur sodanige werknemers. Indien hierdie werknemers dus ‘n werksbesering opdoen kan daar, in terme van die Wet Op Vergoeding vir Beroepsbeserings- en -Siektes, Wet 130 van 1993, ‘n eis ingestel word.

Sedert 2021, word daar in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes voorsiening gemaak vir Vaderskaps-en Aannemingsverlof. Hierdie tipe verlof word in sekere gevalle toegestaan by die geboorte van ‘n kind en / of die aanneming van ‘n kind. Hierdie tipe verlof is onbetaalde verlof maar vergoeding word geeis vanaf die Werkloosheidsversekeringsfonds, op dieselfde wyse as waarop vergoeding verhaal word tydens kraamverlof.

Indien u huidige diensooreenkomste nie  hierdie wysigings bevat nie stel ons voor dat u onmiddelik toesien daartoe dat die wysings aangebring word. Indien u verdere adviese of bystand benodig is u welkom om die skrywer van hierdie artikel te kontak:

Stefan Fourie – 028 424 119 of stefan@lbflaw.co.za

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik word of op staatgemaak word as regs- of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade voortspruitend uit vertroue geplaas op inligting hierin vervat nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).

Wysigings in arbeidswetgewing waarvan werkgewers moet kennis neem

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys

Luttig Badenhorst Fourie (LBF) Attorneys in Bredasdorp is a law firm that strives to provide legal advice and services of the highest order. The firm of lawyers and legal professional staff is fronted by partners-in-law, Marguerite Badenhorst (BCom, LLB, MBA, Certified Estate Practice Diploma, Tax P...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Sanitary Pad Drive 2023

Sanitary Pad Drive 2023

It is such a privilege and a blessing to be able to still continue with my yearly Sanitary Pad Drive.

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

7 July 2023: World Chocolate Day - Treat Yourself!

Tomorrow, 7 July 2023 is World Chocolate Day!

JOY
See All Articles