Jeugdag met die B.A.S.I.C jeug
Ons het die tieners vroeg oggend op en aktief gehad met die 5km FUN run by Groeneweide en hulle het die dag af...
AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum
Die huidige AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is in 2006 gebou.

“AGS staan ​​vir Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika. Die AGS bestaan ​​sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinksterkerk in die land, met 1,4 miljoen lidmate in Suid Afrika en tans gevestig in 28 lande van die wêreld. Pinkster beteken dat dit 'n kerk is wat glo die Gees van God aan gelowiges gegee word om dinamiese en oorwinnende lewens te lei. Dit impliseer ook dat gelowiges die karakter, liefde en krag van hul Here, Jesus Christus, in hul daaglikse lewens kan demonstreer.
Die AGS kan deur twee onlosmaaklike kenmerke onderskei word: Die doop in die Heilige Gees en die Groot Opdrag [Mat. 28:19]. Ons het die Heilige Gees en Sy krag ontvang om missionaal te wees (Hand 1:8). Daarom verwys ons na ons gemeentes as apostoliese gemeenskappe en ons lede as apostoliese agente. Ons poog om ons hele kerk te inspireer en te mobiliseer om die hele evangelie na die hele wêreld te neem.
Die begeerte van die AGS is om ons samelewings te versadig met die teenwoordigheid van God en die beginsels van Sy Koninkryk. Ons uniekheid lê ook in ons diversiteit en akkommodasievermoë. Nie net is ons 'n mikrokosmos van ons diverse samelewing nie, iewers in ons 1800-plus plaaslike kerke sal jy 'n geestelike tuiste vind waar jy deel van die familie sal voel.” Dr H.J. Weideman (President van die AGS - Suid Afrika)
Die missie van die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is om God te verheerlik en die gemeente te bou op die volgende steunpilare:
“Jesus ons aas - siele ons vangs”

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se leierspaar is Christo and Jolandi Stander.
Die paartjie kom oorspronklik van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap af, maar het vir die laaste vyf jaar Stilfontein se gemeenskap in Noord-Wes bedien.
Pastoor Christo is in Colesberg gebore en het in NWU, Potchefstroom sy B.Th. (Baccalaureus Theologiae met Bybel en Kerkbediening) gestudeer. Hy is as Pastoor in die AGS van SA georden in Mei 2018.
Christo het ‘n sterk finasiële agtergrond in bankwese en het deeltyds gestudeer terwyl hy gewerk het. Hy en Jolandi het ‘n passie vir mense en om hulle te wen vir Jesus en met Hom 'n verhouding te bou. Hy voel hoe jonger hoe beter, daarom hou hy daarvan om met die jeug en klein kindertjies te werk. Christo speel baskitaar en dromme en is baie lief vir musiek. Hy luister graag na Brooke Ligertwood. Sy gunsteling predeker is TD Jakes.
Jolandi is gebore in Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Haar passie is mense, om Jesus-liefde uit te straal en haar geheim te deel - JESUS! Sy hou daarvan om met klein kindertjies te werk, te sing, teken en om kreatief te wees.
Saam is Christo en Jolandi se missie om Gansbaai te wen vir Jesus. Alle onliggende gemeenskappe is vir hulle ewe belangrik. Maak nie saak waar jy vandaan kom, wat jou banksaldo is nie - jy is welkom by AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum. Om interkerklik siele te wen, maak nie saak watter kerk jy is nie, en saam te staan en mense te wen vir God.
As hulle nie by die kerk werkskaf nie is die twee vreeslik lief vir kamp en visvang saam met hulle klein dogtertjie. Hulle is opgewonde oor die pad wat voorlê.
AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se departementshoofde en gemeenteraad sluit die volgende lede in:
Presederende Pastoor
Visie-Voorsitter
Finansiële Voorsitter
Sekretaris
Tesourier
Ouderlinge

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se dienstye is as volg:
Sondag
Maandag
Dinsdag
Woensdag
Donderdag
Vrydag


AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum se kinderkerk, GIG (Groei in God) bedien kinders vanaf die ouderdom van 5 tot 13 jaar oud.
Die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum lewer die volgende dienste and die gemeenskap:
AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum verhuur die volgende fasiliteite:

AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum
Absa Bank,
Rek no 3220152188
Rekeninghouer:
AGS van SA
Verwysing: Tot watter fonds u bydra
“By die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum kry jy voedsel vir jou siel. Kan dit ten sterkste aan beveel.” Susan Schonken
“AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum - Brothers and sisters in Christ!” Elmarie van Wyk
“AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum is a wonderful church with a wonderful atmosphere and wonderful people that make you feel welcome! A place to worship and receive food for your soul!” Belinda de Wet