‘n Deel van Gansbaai Ministers Fraternal se lede tydens hulle jaarafsluitingsfunksie, met die sekretaris, past Beryll Coetzer 4de van links en die voorsitter, ds Dennis Naidoo langs haar
“Dit is vir my as voorsitter ‘n riem onder die hart om aan die pragtige samewerking gedurende 2013 terug te dink,” het ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Ministers Fraternal tydens hulle jaarafsluitingsfunksie gesê. “Ons visie was en is steeds om al die Kerkleiers vanuit al drie Gansbaai se gemeenskappe saam te roep as ‘n eenheid om saam met ons Gemeenskapleiers ‘n verskil in Gansbaai te maak deur die opheffing van alle gemeenskappe.” Hy sê hulle het na al die onderskeie Kerke uitgereik en die kerkleiers probeer motiveer om hande te vat en saam te werk.
“Ek kan met blydskap in my hart sê dat verskeie kerkleiers by verskillende projekte in 2013 betrokke was. Daarom my opregte dank en waardering aan elkeen van u en ek vertrou dat nog meer kerke in 2014 sal saamwerk, want eendrag maak mag.” Daarna het die onderskeie kerkleiers ontspan en gesellig met smaaklike eetgoed verkeer, in afwagting vir die Nuwe Jaar wanneer hierdie pragtige inisiatief hopelik nog verder sal uitbrei.
Navrae rakende Gansbaai Ministers Fraternal, kan aan ds Naidoo by 028-384-1720 of 083-228-6815 gerig word, of stuur 'n e-pos aan hom by dnaidoo2@telkomsa.net.
Hardus Botha
Fraternal tevrede
12 December 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











