
Vlnr is rdl Rudolf Smith, rdl Phillipus May, rdl Moira Opperman en mnr Kat Myburgh tydens die kransleggings-seremonie
‘n Gedenkdiens ter nagedagtenis van Suid-Afrika se afgestorwe oud-staatspresident, Nelson Mandela, is verlede Donderdagaand, 12 Desember in die kerkgebou van Gansbaai AGS gehou.
Die reëlings is deur Overstrand Munisipaliteit en in samewerking met Gansbaai Fraternal getref. Mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, het as program-direkteur opgetree en die verwelkoming behartig.
Die gewyde diens is met die sing van die Nasionale Volkslied onder begeleiding van Kate Mguni, Vuyi Ketye en Dirk Büchner begin. Daarna het verskeie rolspelers geleentheid ontvang om Kerse-in-Stilte aan te steek.
Openingsgebede is deur verskeie predikante en pastore gedoen, met ‘n lofsang deur Zizipho direk daarna. Boodskappe vir die betuiging van meegevoel is deur rdl Rudolf Smith, rdl Phillipus May en ds Dirk van Dyk (Gansbaai Fraternal) gelewer.
Gansbaai Academia se Hoofdogter, Bianca de Koning, het ‘n gepaste en treffende gedig aan die toehoorders voorgelees. Rdl Moira Opperman het Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie se treffende huldeblyk vir Mandela voorgelees. Pastore Michael Lolwana, Ronnie Dyk en Brian Bartlett het skrifgedeeltes voorgelees, met ds Dennis Naidoo (Gansbaai Fraternal) wat die boodskap oorgedra het.
Geleentheid vir die lê van kranse is gebied, met raadslede van Overstrand Munisipaliteit en Gansbaai Fraternal, asook verskeie organisasies en individue wat aan die kranslegging deelgeneem het.
Die treffende slot-lofsang was Loving God Loving Each Other.
Hardus Botha
Gedenkdiens vir Mandela
19 December 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











