Overstrand Munisipaliteit het ‘n skoon oudit vir die 2012/2013-boekjaar behaal. “Die munisipaliteit het die afgelope 6 jaar ongekwalifiseerde ouditverslae gekry, maar vanjaar het ons ‘n skoon oudit ontvang,” het Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie tydens Januarie 2014 se spesiale raadsvergadering gesê.
Inwoners kan nou weet dat die dorp se geldsake en algemene bestuur gesond is .
ʼn Ongekwalifiseerde ouditverslag beteken dat die finansiële rekords van die Munisipaliteit in orde is, maar dat daar sekere sake is wat aandag moet geniet. ʼn “Skoon Oudit” beteken dat die Ouditeur-Generaal tevrede is en dat alle wette en regulasies wat daargestel is, nagekom word.
My dank en waardering aan almal, veral die amptenare agter die skerms, vir hul harde werk en toewyding wat ʼn "skoon administrasie", verseker. Dit wys dat Overstrand Munisipaliteit tot ‘n doeltreffende administrasie verbind is en dat daar goeie samewerking tussen politici en amptenare is. Die munisipaliteit beskik ook oor bekwame personeel.
Overstrand Munisipaliteit is een van slegs 11 munisipaliteite in die provinsie wat ‘n skoon oudit vir die 2013-boekjaar kon behaal.
• Die oudit verslag is vervat in die konsep jaarverslag vir 2012/13 wat ook by die spesiale raadsvergadering ter tafel gelê was. Die konsep jaarverslag is beskikbaar aan die publiek vir kommentaar tot Vrydag, 28 Februarie 2014. Afskrifte is beskikbaar by die biblioteke en administratiewe kantore. Alternatiewelik kan dit afgelaai word van die munisipaliteit se webblad www.overstrand.gov.za
Skoon oudit vir Overstrand
30 January 2014Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











