Wat kan die gemiddelde boothengelaar ver-wag om te vang sou hy see toe gaan wanneer die weer dit toelaat? Ek het Vrydag die “crew” oorreed om te gaan kyk wat op die see aangaan en dis wat ons gevang het: twee baie gangbare kabeljoutjies, so ‘n paar snoekies wat gemaklik oor “size” was, ‘n roman of wat en heelpaar hotties. Ek sou reken onder omstandighede en die weer in gedagte, dat dit heel aanvaarbaar is. (Die kabeljoutjies was ietsie van ‘n bonus) En ek herhaal, dis wat ek dink die gewone, normale boothengelaar behoort te vang.
Bygesê darem, indien hy so ‘n idée het waar om te probeer!
Indien ons weer eens ingestel is op hoe die wind waai, hoe die see lyk en of die toestande gunstig is vir hengel gaan ons koppe, soos gewoonlik, uithaak. Dit gebeur so gereeld in die laaste tyd dat jy teleurgestel word met resultate dat vertroue in jou oordeel oor bogenoemde faktore maar baie laag is. Is dit nie ‘n aanvaarbare aanname dat die heersende weersomstandighede geelbek moet aanbring nie?
So voorspel omtrent almal wat “ken van”, maar wanneer laas het dit gematerialiseer? Dit is wel so dat geelbek nou en dan opduik maar in alle eerlikheid, wanneer laas het hulle gelóóp? Onthou dat hierdie rubriek vroeg in die week geskryf word en die moontlikheid is altyd daar met die verskyning van die Courant, onder die vis baljaar kan word. Ek gee glad nie om indien my voorspelling krom bewys word nie, die vis moet net gesig wys!!
Al wat met sekerheid gesê kan word, en dit gaan nie nuus wees vir die gereelde hengelaar nie, is die feit dat dit nou kabeljoutyd is, en is hulle nie vandag daar nie, probeer weer more, oormôre.
Ek hoop rerig dat ek met die volgende rubriek meer positief sal kan wees. Soos hierbo gemeld is dit darem ook nie heeltemal so sleg nie en daar ís darem iets vir die pan te kry. Die kommersiële manne sukkel maar.
Groete, Seemeeu
Bly Gereed
29 November 2012Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











