Die Pearly Beach Bewarea wil graag ‘n ernstige beroep op alle huiseienaars en besoekers aan Pearly Beach doen om asseblief deel te neem aan die herwinningsprojek van huishoudelike vullis. Die Overstrand Munisipaliteit het alle moontlike maatreëls geneem om dit vir almal so maklik as moontlik te maak om aan hierdie projek deel te neem. Waar gewone huishoudelike vullis in swart vullissakke weekliks verwyder word, moet alle herwinbare vullis, soos byvoorbeeld papier, plastiek, blik, en glas in deurskynende vullissakke ook een maal per week uitgesit word.
In Pearly Beach se geval word vullis op Maandae verwyder en inwoners word vriendelik versoek om nie vullissakke voor Maandae uit te sit nie, aangesien dit gereeld deur honde, wilde diere en ook mense verskeur word. Ongelukkig is dit so dat vullissakke deur mense in die fynbos ingesleep word, waar dit vir bruikbare artikels deursoek word, en dan net daar in die veld gelos word. Dit bring mee dat die vullis deur die wind regoor die dorp versprei word , ‘n situasie wat ons ten alle koste wil verhoed. Die herwinningsdepot langs die LOKO is Maandae tot Vrydae van 08:00 – 16:00 oop en op Saterdae en openbare vakansiedae vanaf 11:00 – 16:00. Mnr Peet Staples is daar werksaam en hy is meer as bereid om ook enige navrae te beantwoord.
Op Sondae word twee groen vullisdromme voor die hekke geplaas en kan inwoners wat die dorp na die naweek verlaat, hulle vullissakke daarin plaas, met die wete dat die nie deur rondlopers op die sypaadjies verskeur sal word nie. Huiseienaars kan ook 2 maal per maand tuinvullis gratis hier gaan aflaai. ‘n Gratis permit vir hierdie doel is by die Gansbaai munisipale kantoor beskikbaar, waar gratis herwinningssakke ook afgehaal kan word. Kom ons werk saam en neem deel aan hierdie projek tot bevordering en beskerming van ons omgewing.
Elrina Versfeld, Pearly Beach Bewarea
Herwinning van Huishoudelike Vullis
30 May 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











