Die probleem van werkloosheid onder die jeug is regoor die wêreld aan die toeneem. Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) is meer as 75 miljoen jeugdiges regoor die wêreld op soek na werk.
Solidariteit Helpende Hand verstaan die realiteit rondom beperkte werksgeleenthede wat jongmense in die gesig staar. Daarom stel Helpende Hand 'n unieke entrepreneurs-kompetisie vir skoliere op 28 Mei bekend.
Die kompetisie behels dat deelnemers 'n sake- en bemarkingsplan vir hul beplande besighede opstel. Deelnemers sal met behulp van opleidingsvideo’s gelei word om dié planne op te stel en sodoende die kans te staan om hul besigheid 'n finansiële hupstoot te gee.
Ná registrasie kry die deelnemers toegang tot die eerste ses opleidingsvideo’s wat fokus op die opstel van 'n goeie sakeplan. Sakeplanne word dan voorgelê, waarna 50 deelnemers landswyd deurdring na die tweede ronde van die kompetisie. Tydens hierdie ronde sal die deelnemers met die hulp van die volgende reeks van ses video’s leer hoe om 'n bemarkingsplan saam te stel. Die tien beste kandidate kry dan die geleentheid om hul volledige sake-idee aan 'n paneel voor te lê, waarna die wenners aangekondig sal word.
“Deur ons unieke entrepreneursopleiding wil ons elkeen die geleentheid gee om 'n ntrepreneursingesteldheid te ontwikkel, hul vaardighede op te skerp en meer oor die besigheidswêreld te leer,” sê dr. Danie Brink, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. “Met die aanleer van entrepreneuriese vaardighede vanaf 'n vroeë ouderdom, sal jongmense meer gereedskap beter toegerus wees om die toekoms mee aan te pak. Hierdie vaardighede sal ook verseker dat 'n agterdeur oop is as dinge in die werksplek skeefloop.”
Die prysgeld beloop R50 000 in totaal. Die wenner ontvang R15 000 om in sy of haar beplande besigheid te belê. Die leerder se skool ontvang ook R15 000 om vir entrepreneurs-ontwikkeling aan te wend.
Die kompetisie word vir gr. 8 tot 12-leerders aangebied en is heeltemal gratis.
Die kompetisie word op 28 Mei tydens Akademia se Entre-preneurseminaar van stapel gestuur en die sluitingsdatum vir deelname is 5 Julie.
Belangstellende leerders kan op die webwerf by www.helpendehand.co.za registreer. Vir meer inligting kan Karin Venter by 012 644 4390 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan karin@helpendehand.co.za.
Helpende Hand se entrepreneurs Kompetisie vir Hoerskoolleerders
30 May 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











