Indien die weervooruitspelling vir hierdie week korrek is gaan daar nie veel aan verander nie en is tipiese winterweer nog met ons. Daar is nie veel om oor te berig nie aangesien see toe gaan weens die onstuimige water as ’t ware onmoontlik was. Hoewel jou hart jou anders probeer wysmaak het, is die bote wat in die nood beland het, genoeg bewys om jou te oortuig dat gesonde verstand gevolg moet word.
Al wat blyk goed te wees is dat hierdie seewind normaalweg behoort te sorg vir vis soos geelbek, en aangesien hierdie situasie al ‘n ruk duur, dit tog op die ou einde so sal uitwerk. So ver het die wind nog nie behoorlik gesorg vir resultate nie. Met twee of drie weke se aanhoudende seewinde (wes- en noordwes) móét vooruitsigte verbeter. Die ander vraag is, sal die snoek nog met ons wees? Toe die weer ons so paar dae terug toegelaat het om hierdie visse, veral by Dassiegat, behoorlik by te kom, het hulle al skelm gebyt, maar dit was omdat hulle so vol aasvis was. Niemand kan op die oomblik met sekerheid bepaal of hulle nog met ons gaan wees nie, maar die huidige weer maak enigiets moontlik.
‘n Beter keuse sal wees vir die manne met die lang stokke om vanaf die kant te probeer. Die kwaai water het ook ‘n sterk stroom tot gevolg gehad wat hierdie opsie ook nie ‘n gewilde ene gemaak het nie -- maar darem veiliger!
‘n Groepie hengelaars is teen die tyd dat die Courant verskyn, reeds by Blombos, en almal wat hierdie area ken sal baie jaloers op hulle wees. Ek beskou dit as ons “Suidwes”. Dis dan ook hierdie tyd van die jaar wat jy daardie vet galjoene daar vind. En so groot dat jou familierooster gans te klein is. Die los vet kan met ‘n koppie uit die gevlekte lyf geskep word, dan is daar nog ‘n vetlaag onder die vel. Dís mos ‘n galjoen! Kom ons hoop dat die weer gaan saamspeel en wanneer Piet van Zyl sy spannetjie se ondervindinge oor ‘n week of so met ons deel, dit net lekker nuus gaan wees.
Lekker vang, Seemeeu
Wees rustig
22 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











