Die eerste Bybel in Afrikaans is 80 jaar gelede op 27 Augustus 1933 amptelik in Bloemfontein in gebruik geneem. Sedert daardie heuglike dag het die Bybelgenoot-skap meer as 11.1 miljoen Afri-kaanse Bybels versprei en net gedurende die afgelope jaar het hulle 1.4 miljoen Bybels in Suid-Afrika versprei. Afrika is die vasteland waar die meeste volledige Bybels vertaal is.
In Suid-Afrika het al 11 amptelike tale ‘n volledige Bybel. Die Bybelgenootskap is ook in ‘n proses met ‘n Engelse Bybel vir Dowes, ‘n nuwe Zulu- en Afrikaanse Bybel. Die eerste Bybel wat in ‘n inheemse taal verskyn het, is die Tswana Bybel in 1857. Daar is meer as 6,500 tale in die wêreld en die volledige Bybel is reeds in 475 tale vertaal. Iets van die Bybel, hetsy die volledige Bybel, die Nuwe Testament of Evangelie, is reeds in 2,527 tale beskikbaar. Tans is die Bybelgenootskappe wêreldwyd met meer as 500 Bybelvertaalprojekte besig.
Fondse wat deur gemeentes en donateurs geskenk word, word volledig vir vertalings en verspreiding van Bybels aangewend. Die weeklikse Bulletin van die NG-gemeente Gansbaai het daarop gewys dat verlede Sondag se deuroffer vir hulle plaaslike Bybelverspreiding ge-oormerk was. Die fondse word gebruik om Bybels te subsidieer. Die afgelope jaar is 255 Xhosa, Zulu, Sotho en Tsonga Bybels, asook 91 Afrikaanse en Engelse Bybels verkoop. Die Fonds vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar en word deur die Kerkkantoor geadministreer. ‘n Ware aanhaling van AJ Amick lui soos volg: “’n Mens kán van brood alleen lewe…..as dit die Brood van die Lewe is”.
Hardus Botha
80 Jaar vir Afrikaanse Bybel
29 August 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











