Dis die ene bedrywigheid in Gansbaai Toerismekantoor met die komende Fees van die Ganse Seekosstraatfees op 7 Desember vanjaar. Dit klink ver in die toekoms, maar om al die reëlings in plek te kry, is daar min tyd oor. Daar kan weer eens uitgesien word na ‘n groot verskeidenheid van Feesitems in Gansbaai se middedorp, soos musiek- en kindervermaak, mnr/mej Fees van die Ganse, straatoptog, stalletjies, gholf, visbraai, kaskarre en veel, veel meer. Hou Gansbaai Courant dop vir inligting. Kennis kan egter nou reeds geneem word van ‘n volledige advertensie in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant van 10 Oktober. Verskeie uitnodigings om deelname, asook uitnodigings aan stalletjiehouers, restaurante, visbraai en veel meer sal daarin geplaas word. Die belangrikste een vir die oomblik is dat tenders vir die bedryf van die Biertent op Saterdag, 7 Desember aangevra gaan word.
Die volgende vereistes kan voorlopig kennis van geneem word: die beskikbaarstelling van ‘n tent, wat deel van die vermaaktent sal wees, asook tafels en stoele, maar in samewerking met die Toerisme Buro; besigheidsure vanaf 09:00-22:00; in besit wees van ‘n geldige dranklisensie; die verskeidenheid van alkoholiese drank moet nie net tot bier, wyn, ciders, whisky en brandewyn beperk wees nie; glase; kroegtoonbank; yskaste; persentasie van winste wat aan die Fees afgestaan sal word; algemene benodigdhede soos benodig vir die bedryf van ‘n biertent en kroeg.
Tenders se sluitingsdatum is vir Vrydag, 1 November 2013 om 24:00 geskeduleer en moet in pdf-formaat aan gansbaaimanager@telkomsa.net gestuur word, of in ‘n geseëlde koevert by Gansbaai Toerisme (Gateway Sentrum) ingedien word.
Meer besonderhede sal in genoemde advertensie geplaas word, maar vir navrae kan Glenda Kitley intussen by 072-291-5564 gekontak word, of stuur ‘n epos aan haar by gansbaaimanager@telkomsa.net.
Onthou vanjaar se Feesdatum: Saterdag, 7 Desember 2013 in Gansbaai se middedorp en wat met die jaarlikse aanskakeling van die Kersliggies op Vrydag, 6 Desember sal saamval.
Hardus Botha
Fees vooruitsigte
03 October 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











