Dames Ete met Chanel Wink
Op 11 Maart 2023 het die AGS Gansbaai Aanbiddingsentrum in samewerking met Chanel Wink, dames bedien en onthaal met ‘n lieflike ete. Die tema van die oggend was - Van Stof Tot Pêrel, en elke dame het ‘n handgemaakte pêrel armband ontvang om hulle te herinner aan hoe hulle lewenspad die moeilike dinge gebruik om hulle te verander in pêrels.

Daar was ook ‘n gelukkige trekking en ons wil vir die volgende borge bedank vir hulle bydrae tot hierdie wonderlike oggend:
• Komtessa
• Tolbos Bistro
• Gansbaai Bakhuis (Sommelier & Company)
• Acorn Photography












