“Die verskuiwing van die jaarlikse VGK Basaar vanaf die kerkterrein na Blompark se Sportgronde was sonder twyfel ‘n goeie besluit,” sê Magrieta Adams, een van die basaarkomiteelede wat hulself oortref het met puik reëlings.
Die basaar word allerweë as ‘n groot sukses beskou en die belangstelling op die sportgronde was oorweldigend. ‘n Groot hoeveelheid mense kon die smaaklike steak- en worsbraai met slaaie terdeë geniet. Dan was daar meer as voldoende koeke, terte, kleinkoekies, nagereg, ‘n olifanttafel, ‘n koffietafel en veel meer om te geniet. Selfs speletjies is gespeel en netbal en bal-oor-kop is gespeel. Magrieta sê die uitstekende vooraf verkoop van seëls (kaartjies) het ook ‘n groot bydrae tot die dag se sukses gelewer. Besoekers het onomwonde na die puik organisering van die basaarkomitee verwys.
“Daar is té veel mense wat baie hard gewerk het om by die naam te bedank, daarom wil ons vir ‘n ieder en ‘n elk baie dankie sê vir die harde werk wat ingesit is, maar veral ook vir die uitstekende basaarlyste deur Gansbaai- en Franskraalondersteuners,” sê Magrieta. Gansbaai OK Foods en Gansbaai Superspar word ook spesiaal bedank vir hulle bydraes tot die basaar, aook Silwerjare se mense wat flink ingespring het met die opruiming van die saal en terrein. Die gesellige atmosfeer en sukses van vanjaar se VGK Basaar sal nog lank onthou word.
Basaarskuif goeie besluit
05 June 2014Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.











