Jacques Beukes (35) is as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer vir 2016 aangewys. Met hierdie toekenning dring Jacques nou deur na die Nasionale Jongboer van die Jaar Kompetisie wat in Oktober deur Agri Suid-Afrika en Toyota Suid-Afrika aangebied word.
Die prestige toekenning is Woensdag, 25 Mei 2016 deur Carl Opperman, Uitvoerende Hoof van Agri Wes-Kaap aan Jacques oorhandig. “Vanjaar se kompetisie was taaier as ooit en ons moes ‘n wenner uit ses briljante jongboere aanwys,” het Kosie Loubser, voorsitter van Agri Wes-Kaap se Jongboerkomitee, gesê. “Dít wat hierdie jong boere het om aan te bied, is ongelooflik.” Jacques is ‘n Tafeldruiwe-produsent van De Doorns in die Hexriviervallei en boer al tien jaar op die plaas Modderdrift. Hy het ‘n B.Com-graad in Logistiek aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en is ook Agri Wes-Kaap se streekverteenwoordiger, ‘n direkteur van die Hexvallei Tafeldruiwe Assosiasie en die voorsitter van die Breedevallei Munisipaliteit se Produsenteforum. Hy beskou jong boere as Suid-Afrika se toekoms.
“Jong boere bring baie nuwe idees en energie na die ekonomie en hulle hou van nuwe ontwikkelings en uitdagings, maar die verskil begin by jouself,” sê hy. Volgens Jacques is hy baie lief vir die tafeldruifbedryf. “Ek gaan aanhou belê in hierdie wonderlike bedryf. Daar is elke dag baie uitdagings, maar jy moet dit in geleenthede omskep. Deur hoër standaarde na te streef, plaas jy druk op jou mede-produsente om hulle standaarde ook te lig. Só dra jy by tot ‘n beter Suid-Afrikaanse landboubedryf,” sê hy.
Jong Boer van die Jaar
24 June 2016Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Golf Competition Results for 5 July 2023
Golf competition results for 5 July 2023.
Become present to your thoughts
What you think, will determine your action.
Christmas in July Sale @ Komtessa Boutique
From 7 - 31 of July, your favourite boutique celebrates Christmas in July with a festive sale! And that’s not all!
M + S DESIGNSÂ IS CLOSED
It is with great sadness that M+S Designs announces the closure of its operations.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 11 July 2023
Come and join International Award Winner Marine Dynamics for a shark cage diving trip!
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 11 July 2023
Spoil your family or loved one with an exhilarating Marine Big 5 adventure around the Dyer Island Ecosystem.












