Indien jy nog nooit by ‘n haarskou was nie, moet jy Donderdagaand, 28 September nie Visions Salon se opwindende gesinsaand misloop by Panorama nie.
28 modelle van alle ouderdomme se hare word gesny, gekleur en verander in ‘n marathon-tyd deur Melody en Gail.
Kom kyk wat hierdie 2 haarkapsters kan vermag.
Ja, die manne en seuns sal dit ook interessant vind!
Adrie Nigrini van The Beauty Spot gaan die modelle omtower voor jou oë.
Die sangpaar, Jamboree tree op en dansitems tussendeur sal bydra tot ‘n aand propvol energie en talent. Ondersteun ons dorpsmense, terwyl jy kuier oor ‘n glasie wyn en versnaperinge. Jy kan dalk net die wenner wees van een van die talle gelukstrekkings.
Kaartjies teen R150 is verkrygbaar by Visions Salon of by The Beauty Spot. Verrigtinge begin om 18:00.












