Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

Gans-Berg Nuus / News

image left

Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

“God is op die Troon”

“Ek is baie dankbaar dat ek na ‘n lang tyd my droom vir my eie Gospel CD kon verwesentlik,” vertel Eliza Felix. Haar eerste CD is onlangs vrygestel, met die gepaste naam: ‘God is op die Troon’, wat ook die eerste van 9 gospel-liedjies op die CD is.

Eliza se CD is reeds vrygestel en beskikbaar, maar word eers op 25 Junie 2022 amptelik bekendgestel.

Die geleentheid sal in Gansbaai Primêr se skoolsaal aangebied word. “Dit is ‘n geleentheid waarna ek baie uitsien,” vertel sy. “Ek het hoofsaaklik op my eie gewerk, maar befondsing is maar altyd ‘n probleem.”

Eliza is ‘n gebore Gansbaaier en was sowat 5 jaar gelede ‘n baie bekende lid van Ikamva Jeugontwikkeling saam met Yolandé Sauls. “Dit was goeie jare vir my gewees, aangesien ‘n baie lief is vir die jeug en gemeenskapswerk,” vertel Eliza. “Daarom wil ek ook nou op jeuglede met sangtalente fokus om hulle te help en te oortuig dat hulle ook groot hoogtes kan bereik.”

Eliza is met Andrias Felix getroud en die egpaar het 4 kinders. Sy dien ook op die Kerkraad van past Sampie Jacobs se Betel Ministries. Eliza werk al vir die afgelope 5 jaar as Assistent Bestuurder by Premier Fishing in die Protea Sentrum onder leiding van JP Coetzer.

Belangstellendes kan Eliza Felix by 078 476 1129 kontak.

 
Hardus Botha

Foto: Eliza Felix

Eerste Gospel CD vir Eliza Felix

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Valentine’s Day Competition: WIN a Picnic Hamper from Tolbos Bistro!

Valentine’s Day Competition: WIN a ...

Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.