Valentine’s Day Competition: WIN a ...
Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG-gemeente Gansbaai, betree vanjaar haar honderdste bestaansjaar. Ter viering hiervan, met groot dankbaarheid vir 100 jaar van Genade, bied die Baardskeerdersbos Streek ‘n Feesnaweek op 28 en 29 Mei 2022 aan.
Die bestuur van die B’bos Plaasmark het ingestem dat die Feesvieringe van Saterdag, 28 Mei 2022, deel kan vorm van die bestaande Plaasmark-aanbieding. Voortspruitend hieruit herleef die immergewilde B’bos Basaar - maar hierdie jaar met baie meer om die lyf! Die basaar open amptelik om 09:00. Daar wag ‘n verskeidenheid van tradisionele basaar-items en eetgoed op die besoekers. Die bykans eindelose lys van items en produkte sluit in: Afval, ‘Springrolls’, Kerrie & Rys, Beesvleis-snitte, Heuning, Blomme, Sagte Speelgoed, Hout-speelgoed, Skilderye, Boeke, Klere, Groente, Roomys, Groot verskeidenheid varsgebak, Pannekoek, Verwerkte Perlemoenprodukte, Plante, Naaldwerk, Potjiekos, Boerewors, Sosaties, Oliebolle, Basaarpoeding, Skaapkoppe en ‘n hele paar ander verrassings!
Navrae oor kaartjies vir skaapkoppe kan by die Kerkkantoor, Protea Flora, Ou Skool Restaurant (078 595 7609) en Aletta Groenewald (082 499 0230) gerig word. Die koppe sal om 12:00 op Saterdag, 28 Mei op die Feesterrein beskikbaar wees. Sosaties, met ‘n keuse tussen Hoender-, Spek- asook Vark- en Beessosaties, kan ook vooraf by die Kerkkantoor bestel word.
Die bekende ‘Rummi-Cup’ Orkes, asook Eddie Barnard se ‘One Man Band’ gaan die musiek-atmosfeer behoorlik opkikker en die voete op die grasperk laat jeuk! Dan is daar ook wyne vanuit ons plaaslike kelders, bier van Whale Coast Brewery Co, ‘n geskiedkundige uitstalling, begeleide toere, ‘n veiling en baie meer.
Sondag, 29 Mei 2022 begin ook om 09:00 by die begraafplaas met kransleggings, kooroptredes, samesang en nog meer. Daarna sal ‘n Feesdiens deur ons gewilde en geliefde emeritusleraar en voormalige Gansbaai-predikant, dr Bobo van Zyl, aangebied word.
Navrae rakende die Feesnaweek kan aan Aletta Groenewald by 082 499 0230 gerig word.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Tristan Roberts doen dit weer!
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.