Valentine’s Day Competition: WIN a ...
Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
-Opgradering van karate-studente-
Vanjaar se opgradering-seremonie was weer eens ‘n spesiale geleentheid vir Sensei Yusuf Meyer (1ste Dan) se Goju Ryo Karateklas in Gansbaai. Yusuf het weer vir ‘n ontspanne naweekkamp by Panorama-landgoed (17-19 Junie 2022) gereël. Saam met hom was nog twee gedugte karate-manne, Waleed Dolan (3de Dan) en Bernie Hess (1ste Dan). Saam het die drie ‘groot’ manne vir demonstrasies vir die studente gesorg.
Die opgewonde karate-studente is gelukkig nie net met oefeninge en die opgradering-seremonie gebombardeer nie, hulle het hulself gate uit geniet met ‘n verskeidenheid van items, soos vryheid in die veld, ‘n gesellige braai en sommernet ontspan. Die reënweer het hulle vanjaar gekniehalter om staptogte aan te pak.
Die trotse opgegradeerde karate-studente, met hul ouderdomme en volgende gordel-kleure, is (alfabeties):
Amber Hanekom (12, geel, vlak 2), Cloe Williams (12, geel, vlak 2), Dewald Smit (17, wit, vlak 2), Emma Coutts (29, oranje), Ethan Simpson (10, groen, vlak 4), Jonathan Hanekom (9, geel), Myburgh Hanekom (9, wit, vlak 2), Myron Temmers (13, oranje, vlak 3) en Workline Tilhan (24, geel, vlak 1). Baie geluk aan hierdie karate-studente met julle opgradering!
Plus kleine Jaime Hanekom (5) wat so ewe kordaat en vol verwagtinge vorentoe gestap het tydens die oorhandiging van die sertifikate - “en hoe gee ‘n mens nou niks vir sulke kordaat-optrede deur so ‘n pragtige dogtertjie,” het Yusuf gesê... en net daar kry Jaime toe haar eie “junior witgordel-sertifikaat”!
Yusuf Meyer, Goju Ryo Karateklas in Gansbaai se Sensei, het onlangs ‘n OGKK-opgraderingskursus in Kraaifontein bygewoon vir sy 2de Dan. Yusuf sê dit was suksesvol en, alhoewel hulle nog nie die finale uitslae ontvang het nie, glo hy dat hy sy 2de Dan suksesvol verwerf het. Die uitslae sal oor sowat 2 week beskikbaar wees. Baie geluk, Yusuf, jou studente kan trots wees op jou. Belangstellendes in karateklasse, kinders en volwassenes, kan Yusuf Meyer by 062 023 6548 skakel.
(Foto’s deur Alethea Baytopp)
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.