Valentine’s Day Competition: WIN a ...
Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Gereelde ‘coastal cleanups’ speel ‘n baie groot rol om ons kuslyn en omgewing skoon te hou. Ongelukkig sorg skaamtelose morsjorse dat vrywilligers al meer en meer moet inspring om rommel op te tel - met groot dank aan sulke omgee-ondersteuners!
Gansbaai Toerisme Coastal Cleanup, onder leiding van Doulene Els, het op Saterdag, 25 Junie 2022 by Kleinbaai Sleephelling gaan rommel optel. Doulene reël so 4 geleenthede per jaar waarby vrywilligers inskakel om dit suksesvol deur te voer. 40kg rommel is deur hulle opgetel - 10 wit herwinbare sakke vol en 6 swart vullissakke vol. Hierdie keer was daar 22 volwassenes en 3 kinders wat aan die projek deelgeneem. Hulle het ‘n afstand van sowat 2km gedek.
‘n Statistiek-vorm vir alles wat opgetel word, moet altyd voltooi word. Saterdag was die grootste sondebokke die volgende: 453 sigaretstompies, 77 voedsel-verpakkingsmateriaal, 73 metaalproppies van bottels, 60 plastieksakke en 57 glasbottels (hoofsaaklik drankbottels) - aitog, julle morsjorse, is dit werklik nodig?
“Dankie aan Taurus, White Shark Projects en die Otto- en Els-families wat gereelde ondersteuners van hierdie projekte is, ek het groot waardering daarvoor,” sê Doulene. “Dan het Taurus ook nog water en sjokolade vir ons geborg en die Otto-familie het die opgetelde rommel weggery.” Vrywilligers wat vir die eerste keer aan die projek deelgeneem het, is Christina Rutzen, Mia Ihrch (al die pad vanaf Pretoria) en Megan Dryers.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.