Valentine’s Day Competition: WIN a ...
Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Dit is nie aldag dat drie geslagte op gelyke dagdatums en maande gebore word nie. Dit is wel so in die geval van Sextus Neethling (73) van Gansbaai, sy seun, Jacques (44) en sy kleinseun, Tristan (10) van Johannesburg. Alhoewel die geboorte-maande en jaartalle verskil, is dit steeds ‘n unieke geval - lees gerus hier: Hulle is soos volg gebore: Sextus op die 7de van die 7de maand, Jacques op die 11de van die 11de maand en Tristan op die 6de van die 6de maand.
Sextus woon al sedert 2003 in Klein Overberg Oord (voorheen bekend as Franskraal Karavaanpark). Hy is ‘n gebore Bredasdorper. Aanvanklik het Sextus ‘n huis in Pearly Beach besit, maar het later na Kleinbaai verhuis. Nadat hy die huis daar verkoop het, het hy in 2003 permanent na Overberg Oord verhuis. “My seun, Jacques en sy eggenote woon in Johannesburg waar Jacques sy eie fietsbesigheid bedryf, met fietse wat hy die ‘landvol’ versprei,” vertel Sextus. “Hulle het nog ‘n seun, Trevis van 8 jaar, maar hy verjaar op 22 September.”
Sextus is ‘n bekende persoonlikheid in die dorp. Hy was ook vir baie jare ‘n aktiewe lid van Gansbaai Gholfklub, asook van die Birkenhead Boothengelklub. Nou-ja, Sextus, jy is pa en oupa - en julle verjaar al drie op gelyke dagdatums en maande.


Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.