Valentine’s Day Competition: WIN a ...
Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie van Saterdag, 16 Julie 2022 het ‘n klompie mooi geelbekke opgelewer, asook rooistompe (Miss Lucy’s). Die klub se nuwe dame, Miems Burger, het goed weggespring met twee pragtige geelbekke, waarvan een 5.30kg ingeweeg het. Die klub sien uit na meer sulke vangstes, Miems!
10 bote het ingeskryf, waarvan 7 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 30, waarvan 3 dames is wat deelgeneem het - en goed gevaar het. Twee juniors het ook deelgeneem. Die aantal visse (6 spesies) wat ingeweeg is, was 60, met 'n totale massa van 98.95kg.
Swaarste vis, Rick Kuises (geelbek, 5.70kg); 2 x 2de Swaarste visse, Miems Burger en Norman Kemm (geelbekke, 5.30kg elk); Swaarste sak, Ben Uys (10.05kg); 2de Swaarste sak, Rick Kuises (8.40kg); Swaarste bootgemiddeld, Mynedie van Bev Swart (6.30kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Oupa van Ben Uys (6.225kg).
Verdere uitslae was nie beskikbaar met die ter perse gaan van hierdie berig nie.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!
Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!
Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...
Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.
Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.