Blog

Donnie die eend kom ná 3 weke terug

Donnie die eend kom ná 3 weke terug

Gans-Berg Nuus / News

Donnie die eend kom ná 3 weke terug

Hierdie ware verhaal is nie soos die ‘Kat kom weer’, waar almal van die kat ontslae wou raak nie. Nee, Donnie is Sannie van Heerden in Hoofweg, De Kelders se mannetjies-eend wat vir ‘n volle 3 weke spoorloos uit die erf verdwyn het. Verlede week, asof niks gebeur het nie, kom Donnie toe doodluiters by die huis aangestap - sonder sy stertvere! Dié is vermoedelik tydens ‘n doelgerigte, maar mislukte honde-aanslag op sy lewe verloor! 

Tuis was dit die ene opgewondenheid toe Donnie daar opdaag, selfs deur sy ‘vroutjie’, Toi, wat intussen ‘n eier gelê het. “Om nie te praat van die ‘ou’ mense se blydskap nie,” vertel Sannie, met verwysing na familielede wat saam met haar woon. “Ek het nie geweet ‘ou’ mense kan so opgewonde raak oor ‘n verlore eend se terugkoms nie!”

Hannah (9) en Pieter (7) van Zyl is Sannie se kleinkinders wat gereeld by haar kuier. “Oom, oom, kom kyk gou na Donnie wat teruggekom het en sy vroutjie se eier wat sy gelê het,” het Hannah vol blydskap en opgewonde gesê. Hulle is die kinders van Johan van Zyl, eienaar van The Jewelry System in Gansbaai. Die kinders is bevoorreg om gereeld by ouma Sannie te kan kuier waar die eende, met hulle eie dammetjie, is, asook hulle twee hasies, Oortjies en Witneus. Nou-ja, ‘n groot verwelkoming het af-stert Donnie te beurt geval en die eend-gesin is weer herenig. 

Image 1
Image 2
 
Hardus Botha
 
Donnie die eend kom ná 3 weke terug

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Valentine’s Day Competition: WIN a Picnic Hamper from Tolbos Bistro!

Valentine’s Day Competition: WIN a ...

Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.