Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Die ‘spook’ loop gelukkig nie by Spookfontein Wynlandgoed in die Hemel-en-Aarde Vallei nie. Die wynkelder se hoofwynmaker, Nelis Uys, verduidelik: “Gelukkig is daar nie ‘n regte ‘spook’ op die wynlandgoed nie,” het hy gesê. “Die naam ‘Spook’ is afgelei van die legende dat ‘n mens ‘n ‘gees’ binne die bekoorlike en geheimsinnige, mistige warreling van die vloeiende plaaslente vroeg soggens kan sien.”

Nelis was die aanbieder met die gilde se byeenkoms op Dinsdag, 26 Julie 2022. Hy is bygestaan deur die wynkelder se Bemarker, Stefan Theunisen. Voordat Johan Pfister Stefan aan die woord gestel het, het Anne-Maré de Witt ‘n verjaarsdagkoek (met kersies!) aan Nelleke Ferreira oorhandig wat dieselfde aand verjaar het - met die gaste wat spontaan vir haar gesing het - én sy moes die kersies doodblaas!

Nelis het Spookfontein se uitstaande wyne, waarvan sommiges onlangs eers gebottel is, te proe aangebied, met die nodige verduidelikings. Die proe-wyne was: Sauvignon Blanc (2022), Merlot Rose (2021), Pinot Noir (2018), Cabernet Franc (2019) en Phantom (2020). Die vyf wyne is, sonder uitsondering, met hoë punte aangeslaan - duidelik was almal beïndruk met die wyne.

Chris Pead se onverbeterlike spyskaart, soos gewoonlik, het bestaan uit: Voorgereg - paneer, cheddar & spring onion cigars; Hoofgereg - leek & red pepper filled chicken Leg quarter met bykomstighede; Nagereg - tipsy tart & custard. Bruce Shambamuto en sy span het vir puik bediening gesorg.

Nelis en Stefan het die gaste met ‘n lootjie-trekking verras en Ansie Serbon was die gelukkige wenner van ‘n spesiale ‘botteltjie Spookfontein’! 

Image 1
Nelleke Ferreira, Stefan Theunisen, Nelis Uys en Johan Pfister nadat Wynproegilde-voorskote aan die gaste oorhandig is.
Image 2
‘n Gesellige oomblik aan tafel.
Image 1
‘n Opgewonde Nelleke Ferreira met haar verjaarsdagkoek.
Image 2
Stefan Theunisen en Ansie Serbon, wat die lootjie gewen het.
 
Hardus Botha
 
Gansbaai Wynproegilde: Die ‘Spook’ van Spookfontein Wynlandgoed

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Valentine’s Day Competition: WIN a Picnic Hamper from Tolbos Bistro!

Valentine’s Day Competition: WIN a ...

Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.