Blog

VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

Gans-Berg Nuus / News

VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

Verteenwoordigers van die VGK-gemeente se Vrouebediening het op 21 Julie 2022 die voorreg geniet om ‘n seminaar, ‘Leef die lewe in Volkleur’ (Live Life in full Colour) by te woon. Die seminaar is in die Endlersaal in die Universiteit van Stellelbosch se Konservatorium aangebied. Die byeenkoms is deur Lynette Beer, 'n motiveringspreker en gedragspesialis, gelei.

Die geleentheid het ten doel gehad om ‘n saadjie te plant oor die waarde wat samekomste van vroue het om wysheid met mekaar te deel. Vroue het onder andere geleer om persoonlikhede beter te verstaan, asook insig oor verskillende temperamente. “Kennis van verskillende persoonlikheids-vaardighede sal vroue in die werkplek beter bemagtig,” het Lynette gesê. “Dit sal ‘n vierkleur-temperamentmodel skep en persoonlikhede volgens vier kleure klassifiseer, wat die ‘gewilde geel, kragtige rooi, vreedsame groen en perfekte blou is’. “In ‘n werksomgewing moet mense hul en ander se temperamente ken om behoorlike verhoudings te kan vestig,” het sy gesê.

“Positiewe veranderinge in Suid-Afrika kan aangehelp word deur mense te leer hoe om hul selfvertroue te ontwikkel,” het Lynette gesê. “Wanneer mense weet wie hulle is en wat hul waarde is, sal hulle weet wat hulle individueel tot die gemeenskap kan bydra.” Een van die ander gassprekers het gesê: “Om te weet wie ons as individue is, en wie ander is, help ons om te erken hoe ons met ander kan saamwerk en die leiding kan neem.” 

 
Hardus Botha
 
VGK Vrouebediening by ‘Leef die Lewe in Volkleur’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Valentine’s Day Competition: WIN a Picnic Hamper from Tolbos Bistro!

Valentine’s Day Competition: WIN a ...

Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.