Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Gans-Berg Nuus / News

Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Birkenhead Boothengelklub

Die onvoorspelbaarheid van ons moeilike winde, reën en seestoestande, kniehalter gereeld die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisies. So was Saterdag, 3 September 2022 ook nie ‘n uitsondering nie - die boothengelkompetisie is na 17 September 2022 uitgestel. 

Die gesellige funksie-gees het egter nie daaronder gely nie en die lente-funksie langs prag-versierde tafels het voortgegaan - met 60 gaste wat hulself gate uit geniet het. Voorsitter Robbie Nelson het die verwelkoming en ander administratiewe sake behartig. Hy het ook sy ma, Stienie Nelson, al die pad van Nylstroom af, aan die gaste voorgestel.

Drie wenners van ‘n vorige kompetisie is met prysgeld beloon: Norman Kemm en Miems Burger. Miems het ook wyle Rick Kuises se prys in ontvangs geneem, maar sy het dit aan die bootklub teruggegee. Terselfdertyd is Miems ook as ‘n nuwe lid voorgestel - baie welkom Miems!

Norman Kemm en Miems Burger

Jan Lourens se Musiekfabriek het gesorg dat die voete wat jeuk, behoorlik op die dansbaan geskoffel kon word. Elize Burger en De Wet Gilliomee se smaaklike spyskaart het ook nog nooit teleurgestel nie en die twee getroue hande in die kombuis, Maureen en haar dogter Sherien, het op-en-wakker vir die bediening en opwassery gesorg.

Alles in aggenome, was Saterdagaand weer eens ‘n suksesvolle en gesellige saamkuier tot laataand toe - hand-aan-hand met die lente (so tussen die wind en reën!) in die lug.

 
Hardus Botha
Geen hengel, maar groot lente-jolyt

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Valentine’s Day Competition: WIN a Picnic Hamper from Tolbos Bistro!

Valentine’s Day Competition: WIN a ...

Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.