Blog

Franskraal Rolbalklub

Franskraal Rolbalklub

Gans-Berg Nuus / News

Franskraal Rolbalklub

Arrie Nel Apteekgroep Rolbal Borgdag

Veertien rolbalspanne het vir die gewilde Arrie Nel Apteekgroep (Gansbaai Apteek) se Rolbal Borgdag ingeskryf. Van vroeg af was dit net rolbalspelers en balle - van meet af aan was dit duidelik dat die rolbalspelers in ‘n ‘hewige’ stryd gewikkel was.

Die wenners uit 14 spanne was...

1ste - Michael Vermeulen en sy span (12+13); 2de - Jurgens Schreuder en sy span (12+28); 3de - Judy Vorster en haar span (8+5). Kokkie de Kock (President) het die spanleiers van elke span navore geroep om die prysgeld van Emile Calitz, Bestuurder/Apteker van Gansbaai Apteek, te ontvang. Emile en sy geliefde, Simoné Liebenberg, was self ook lede in ‘n span.

Image 1
Die spanleiers van die eerste 3 wenspanne: Judy Vorster (3de plek), Jurgens Schreuder (2de plek) en Michael Vermeulen (1ste plek) saam met Emile Calitz van Arrie Nel Apteekgroep.
Image 2
Kokkie de Kock, President: Franskraal Rolbalklub, saam met die borg van die dag, Emile Calitz en sy geliefde, Simoné Liebenberg. 
Image 3
‘Spinwiel’-wenners: Danie Delport en Peter O’Reilly, met Kokkie de Kock in die middel. 

Voordat die pryse uitgedeel is, is die klub se ‘Spinwiel’ gedraai, met twee goeie pryse vir twee gelukkige spelers op wie se name die ‘Spinwiel’ gaan staan het. Die wenner was Peter O’Reilly wat ‘n duursame koffiemasjien, geborg deur Emile Calitz, gewen het. Tweede was Danie Delport wat ‘n eweneens duursame prys gewen het.

“Wat meer kan ek sê as net baie, baie dankie na só ‘n suksesvolle borgdag soos hierdie,” het Kokkie gesê. “Weer eens baie dankie Emile vir Arrie Nel Apteekgroep se borgskap van vandag!”

 
Hardus Botha
Franskraal Rolbalklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Valentine’s Day Competition: WIN a Picnic Hamper from Tolbos Bistro!

Valentine’s Day Competition: WIN a ...

Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.