Blog

Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Gans-Berg Nuus / News

Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Dit was ‘n vreugdevolle oomblik toe JP Coetzer die seremoniële lint vir die amptelike opening van die Johan Smit Lokaal geknip het. Die opening van die lokaal het saamgeval met Laerskool Gansbaai (LSG) se eerste en geskiedkundige Kultuuraand op Vrydag, 21 Oktober 2022 (sien berig in hierdie uitgawe). ‘n Verskeidenheid van kuns- en tegnologie-werke is vir besigtiging in die lokaal uitgestal. Die fokuspunt was die uitstalling van die Eisteddfod se Cum laude leerders.

In sy openingsrede het Jonathan Doyle (skoolhoof) vertel dat die lokaal in die 90’s gebou is. Thys Harmse was die destydse skoolhoof en Johan Pieterse van Jo-Signs die voorsitter van die Skoolkomitee. Die lokaal is na die skoolhoof wat in die laat 80’s afgetree het, Johan Smit, vernoem. Aanvanklik is dit as ‘n verkoopslokaal tydens sportbyeenkomste gebruik en daarna as ‘n stoorplek. Nog later is dit deur LSG se Interfase kuns- en tegnologie-leerders as ‘n klaskamer gebruik.

In 2021 het die Beheerliggaam besluit om ‘n fondsinsameling te hou om die lokaal op te gradeer. Onder leiding van JP Coetzer is ‘n suksesvolle ‘Trollie-Run’ in samewerking met Gansbaai OK Foods van Chris van Rensburg aangebied. Die fondse is benut om die vensters en deur te vervang, ‘n plafon in te sit en die banke af te skuur. Alle kuns- en tegnologieprakties en NW word nou daar aangebied. Met die volgende fase word beplan om die vloer te teël en om meer kragpunte in te sit.

Suid-Afrika se Liedjieboer, Anton Goosen en sy pragtige eggenote, Estie (self ‘n onderwyser), het ook die Kunsuitstalling en Kultuuraand bygewoon. Anton was vol lof oor wat deur die leerders op kuns- en kultuurgebied vermag word. 

Na die amptelike opening is die gaste na die Klubhuis, waar ‘n glasie (sap) op die lokaal geklink is en lekker saamgekuier is. Vanaf die klubhuis het hulle na die skoolsaal beweeg vir die hoogtepunt van die aand - die aanbieding van ‘n luisterryke konsert, ‘Lighuis Drome’.

Image 1
Jonathan Doyle (skoolhoof), JP Coetzer, Devin Sauls en Alana Louw tydens die seremoniële knip van die lint.
Image 2
Jonathyan Doyle en JP Coetzer klink ‘n glasie op die Johan Smit Lokaal.
Image 3
Anton en Estie Goosen geniet die kunsuitstalling.
 
Hardus Botha
Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Valentine’s Day Competition: WIN a Picnic Hamper from Tolbos Bistro!

Valentine’s Day Competition: WIN a ...

Stand a chance to WIN a picnic hamper to the value of R400 from Tolbos Bistro!

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Read Gans-Berg Nuus / News Online

Have instant access to Gans-Berg Nuus / News and be the first to know what’s happening in Gansbaai, and the surrounding Overstrand area, from anywhere on the planet!

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei...

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction Walk: Grade 12’s 2022

Gansbaai Academia’s Yearly Valediction...

Gansbaai Academia’s yearly valediction walk through Gansbaai.

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.