Akrobatiese Gimnastiek:Â Isabelle de Villie...
Isabelle de Villiers het Sondag, 11 Junie 2023, aan die Akrobatiese Gimnastiek se Overberg en Wynland Distriks Proewe deelgeneem in Stellenbosch.
'n Hartlike en groot dankie aan Mnr Chris van Rensburg van OK Foods Gansbaai vir hul vennootskap om die jaarlikse OK Foods Trolley Run aan te bied. Op Saterdag, 6 Mei 2023, het Hanecke Loubser (Lootjielys: Leah Loubser), as die gelukkige wenner, met 'n trollie vol gratis produkte uitgestap!
Dankie ook aan die volgende instansies wat ons ondersteun het met geskenkbewyse as pryse vir gelukkige trekkings. Hulle is:
2de prys: Majestic Cruising - Rachel Valentine (Lootjielys: Beonay Valentine)
3de prys: Panorama Wedding Venue, Franskraal vir 4 persone se naweekverblyf - Joanne Jassiem (Lootjielys: Melanie van Wyk)
4de prys: Visions Style 'n Chic - Lourens Augustyn (Lootjielys: Sonika Brand)
5de prys: The Beauty Clinic - Bonita Swart (Lootjielys: Eon Swart)
'n Snoepiegeskenkbewys is as spesiale prys toegeken aan leerders wat die meeste geld met hul vol lootjielyste ingesamel het. Dankie en geluk aan die volgende manne:
1ste - Hanro Coetzer; 2de - Eon Swart; 3de - Francois Otto
Die wenklas, vir die klas wat die meeste geld ingesamel het, is Graad 3.1 - hulle ontvang 'n gratis fotosessie vanaf Captured Photography (Sonja Walker).
Baie geluk, Graad 3.1's!
'n Spesiale woord van dank aan elke ouer, familielid of vriend van Laerskool Gansbaai vir die wonderlike ondersteuning wat ons met hierdie fondsinsameling ervaar het. Elke persoon wat 'n bydrae gelewer het, help Laerskool Gansbaai om sy doelwit te bereik - die optimale leer en ontwikkeling van elke leerder in ons skool!
NOGMAALS DANKIE!
Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreIsabelle de Villiers het Sondag, 11 Junie 2023, aan die Akrobatiese Gimnastiek se Overberg en Wynland Distriks Proewe deelgeneem in Stellenbosch.
Baie geluk aan Ewie Fourie (Gr 7), wat uitgenooi is na die Toekenningseremonie van die Maths Horizon-kompetisie wat by die Baxter Teater in Kaapstad.
Na 2 jaar stof ons weer one eie skoolkoerant af - geskryf deur ons kinders vir ons kinders.
Koop n lootjie of lootjies en staan n kans om groot pryse te wen!
Tydens 'n geselligheid op Woensdag, 24 Mei 2023, het al ons rugbyspanne (0/7 - 0/13) hul nuwe rugbytruie vir die seisoen ontvang.
Wat Å„ voorreg om deel te wees van Å„ wonderlike Gansie-familie, wat pragtig gereageer het op die versoek vir komberse.