Fokus op amateur tuiniers en hulle tuine

Fokus op amateur tuiniers en hulle tuine

Suidernuus / Southern Post

Fokus op amateur tuiniers en hulle tuine

"A Garden is not necessarily something that should impress others who know nothing about gardens, or those that do, for that matter. It's personal.” Kurt Wilkinson.

Gedurende die uitgerekte grendeltyd, toe inwoners van oraloor maar teen wil en dank moes vasbyt en deurdruk, het baie van hulle vir die eerste keer ontdek hoe bevredigend dit is om te plant en te kyk hoe daardie saadjies of steggies groei en floreer. Ander amateur tuiniers het weer die vreugde van tuinmaak herontdek of hulle tuine na die volgende vlak geneem.

Hoe dit ookal sy, tuine - of dit nou groot tuine of piepklein tuintjies of potplant tuine is - tuinmaak is nou, so wil dit voorkom, stewig gevestig as een van talle inwoners se gunsteling tydverdrywe.

 
Oor tuiniers en hulle tuine

Geen wonder dat die konsep van “ope tuine” ook gewild geraak het nie. Op Bredasdorp het die “ope tuine” toer deur die dorp hierdie jaar ook weer - ten spyte van die eendeweer wat gedreig het om die geleentheid te verongeluk - 'n stewige getal tuin kykers opgelewer. Die geleentheid word jaarliks ten bate AACL - die liggaam wat omsien na verwaarloosde en huislose diere - georganiseer.

Op Napier het die “oop tuine”, gekoppel met 'n tuin kompetisie, ook weer na jare se sluimering, vlam gevat. Die fokus was hier egter nie soseer op “baastuine” en voortreflike tuinboutegnieke nie, maar op die genot wat gewone mense daagliks put uit “tuinmaak”, of dit nou groentekruie- of blomtuine is of 'n bietjie van alles.

 
Tyd vir pryse uitdeel en steggies uitruil

Op Dinsdagaand, 30 November het deelnemers bymekaar gekom om te verneem wie “gewen” het en om hulle belonings en pryse in ontvangs geneem. Etienne Kriel wat ook jare gelede sy eie kwekery as 'n belangstelling of stokperdjie begin het, het die doel van die kompetisie en ope tuin inisiatief saamgevat deur na Kurt Wilkinson se aanhaling hierbo te verwys. Dit het in die eerste plek gegaan oor passie en individualiteit wat die tuiniers getoon en aan die dag gelê het.

Daar was groot tuine en klein tuine, inheemse tuine en formele tuine. Tuine met blomme en tuine met kruie en groente wat sy aan sy meegedring het vir aandag in die akkers. Rose is ook uitgesonder as almal se gunstelinge en uit dit wat die tuiniers met die beoordelaars en besoekers gedeel het, kon 'n mens ook aflei dat dit hulle nie noodwendig baie geld gekos het nie, want met steggies, gedeelde saad, groen vingers en baie entoesiasme, kan jy berge versit.

Image 1
Image 2
 
Ora Laubscher
Fokus op amateur tuiniers en hulle tuine

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Swellendam!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

Your Worst Enemy Is Yourself

Your Worst Enemy Is Yourself

Who or what is your number 1 enemy?

15 - 17 September 2023: FMR Collection

15 - 17 September 2023: FMR Collection

A weekend of fine music, wining, dining, and some adventure.

De Hoop Collection
See All Articles