Pitties Boys Gentleman's Club

Pitties Boys Gentleman's Club

Suidernuus / Southern Post

Swellendam se VRT Pitt Primêr neem die voortou en stel 'n navolgingswaardige voorbeeld

image left

Op 12 November is wat bekend staan as die “Pitties Boys Gentleman's Club”, amptelik bekendgestel. Die klub is 'n inisiatief van die VRT Pitt Primêre Skool in Swellendam en is gestig met net een doel voor oë: om van jong seuns verantwoordelike jong manne en broers te maak deur aan hulle die regte leiding te gee, gebaseer op Christelike waardes.

Daar word deesdae dikwels gesprekke gevoer rondom die vraag oor “hoe 'n seun 'n meisie - en heelwat later natuurlik as man 'n vrou - behoort te behandel”. Dit bring ons dan sommer ook by die volgende vraag, die vraag waarop daar hier gefokus is en waaruit die inisiatief om so 'n klub tot stand te bring, berus: “Wie gaan dan die seuns leer om verantwoordelike jongmanne, broers of seuns te wees?”

Pitties Boys Gentlemen's Club is volgens inligting deurgegee op die skool se inligtingsblad, gestig om aan hierdie jong seuns leiding te gee “om die beste binne hulself uit te bring met die hulp en leiding van 'n groep opvoeders wat almal ouers van seuns is.” By geleentheid van die amptelike bekendstelling van die inisiatief was daar dan ook 'n hele paar baie spesiale gaste teenwoordig. Onder hulle was onder meer, Dr Jaques du Toit, mediese bestuurder van die mediese fasiliteite in die Swellendam en Kaap Agulhas subdistrikte, Juffrou Joshana Johnson maatskaplike werkster in kring 1 van die Overberg Distrik en mnr Melvin Genuka, program koördineerder in diens van die Wes Kaapse Departement van Onderwys, Overberg Distrik.

Die hoop is uitgespreek dat die projek sal groei en van krag tot krag sal gaan.

 
Girls for Girls Program

Die skool bied egter nie net aan die seuns 'n gulde geleentheid om onder leiding van positiewe rolmodelle te groei en te ontwikkel nie, daar is ook 'n spesiale program vir meisies. Die doel van hierdie program word soos volg uiteengesit: “Om dames met sterk selfvertroue en standvastige karakter te ontwikkel sodat hulle, hul vlerke kan sprei en positiewe veranderinge aan die wêreld kan maak - een persoon, een huishouding, een gemeenskap, een dorp, een land op ‘n slag!”

 
Ora Laubscher
Pitties Boys Gentleman's Club

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Swellendam!
Read More

Other Articles

Become present to your thoughts

Become present to your thoughts

What you think, will determine your action. 

Breaking Free From Your Limitations

Breaking Free From Your Limitations

When we are no longer defined by the limiting beliefs or the limiting emotions from our old stories, we become free.

We Will Fail When We Fail to Try

We Will Fail When We Fail to Try

Even the situations that we end up in, that brings our greatest heartache, trigger our biggest fears, or becomes mountains of doubt, will never be a failure.

Gratitude and the Law of Attraction

Gratitude and the Law of Attraction

Optimists, or individuals who maintain a positive outlook, have an advantage in life compared to pessimists. 

Your Worst Enemy Is Yourself

Your Worst Enemy Is Yourself

Who or what is your number 1 enemy?

15 - 17 September 2023: FMR Collection

15 - 17 September 2023: FMR Collection

A weekend of fine music, wining, dining, and some adventure.

De Hoop Collection
See All Articles